Tuesday, 16 July 2013

Richtersveld 2013.

Roy en Lorraine reel hierdie jaar 'n toer deur die Richtersveld nadat hy in 2012 deur die Ai-Ais Richtersveld Park fiets gery het.
 

Voorbereidings vir die Richtersveld - onthou daar's GEEN water nie, ons moet alles saam neem.
Ons laat ons hare Brazillian Blowdry -> minder hare-was-kere.

17 Mei vertrek ons na die Richtersveld. Hierdie jaar is ons net 'n 3 mansskap - Gavin & Nina; Roy &Lorraine; ek & Martin.

Oppad na Hondeklipbaai.
Diamantboot by Hondeklipbaai.
















Die eerste aand slaap ons op Hondeklipbaai in die Honnehokke.
  
Dit is vrek koud en die wind waai die kole onder die snoek, wat ons wil braai uit. Nietemin dis heerlik. 
Tyd stap aan en Mr G haal 'n nuwe toertjie uit...
Hierna gaan kruip ons almal in.


Vertrek van Hondeklipbaai na Port Nollith. Ons ry in die diamantgebied al met die kus langs.
Dis lekker - ek is spyt ons het nie na die kampplek langs die see gaan kyk nie.









  Deur die hek die diamantgebied in...



 Al langs die see.

Ons is stom oor Kleinzee - dis 'n regte spookdorp.

Aangekom by PN gaan ons eers bietjie verkennings werk doen - by die hawe kry jy allerhande skuite - grootes, vettes, diamantagtiges, visserskuite almal verskillend en almal in helder kleure: bloues, rooies, oranjes en nog vele meer.










Ons hang net by ons huisie by die see
Ons kuier heerlik en wag vir Roy en Lorraine - hulle sluit eers 'n dag later by ons aan.

Sonsondergang net te mooi.












Vertrek na die Richtersveld.
Dis mistig en koud, ons pak op en vat die pad.












 By Alexanderbaai ry ons tot teen die kus; naby waar die Oranjerivier in die see mond.


 Voetspore in die sand


 Hier le die Richtersveld voor ons.
 Uitsig vanaf stoep by Sendelingsdrif op die Oranjerivier
 Ons huisie by Sendelingsdrif

Ons vertrek vanaf Sendelingdrif na Tatasberg.
Hier is Potjiespram se kamp.
 Die rotsformasies is ongelooflik - kyk na hierdie afdruk van 'n hand.

Ons vorder baie stadig oor Akkedispas en dan sak ons af met die Helskloofpas tot onder in die vlak.
 Akkedispas. Mr G en Okkie




 Uitsig voor ons Helskloofpas aandurf




Tatasberg
 Reen in die Richtersveld.
Tatasberg. Ons stap, swem in die Oranjerivier en le luilekker rond.


Cheers Sonia - jy moet lekker verjaar - op jou 50ste 'n "Jaggerbom"
"
 Sonsopkoms Tatasberg
 De Hoop Kampplek




 Richtersberg Kampplek

Ons pak op en ry na Gannakouriep.


By Gannakouriep is daar 'n misverstand en ons kan nie daar oorslaap nie. Vreeslik teleurgesteld moet ons omdraai terug Sendelingsdrif toe.
Hier bly ons 2 nagte oor. Dae gaan net te vinnig verby.






Ons vertrek en moet oor die pont om Ai-Ais toe te gaan.










Aussenkehr

Dag 10; 11 en 12 is ons bestemming Ai-Ais.
Ons bereik Ai-Ais en slaan vinnig tent op sodat ons die warm waters kan aandurf.
 Hier staan ons 3 nagte voordat ons die pad aandurf Sesriem toe.
 Ons stop langs die pad by die Canon Roadhouse.






5 Minute voor toemaaktyd bereik ons Sesriem. Dit was 'n laaaaannnngggg dag se reis.
Die springbokke wei om die tente.
Kyk mooi om die bokkies te sien.



 Sonsopkoms is so rustig.
Ons gaan die dag Sossusvlei toe.




 Maak mooi sandpatrone op die duine.
 Dis ek en Lorraine doer bo. Jip daardie spikkels is ons.
Ons speel heerlik op die duine
 'n Gemsbok wei rustig en laat toe dat ons hom "snap"
 Vinnig gaan maak ons 'n draai by die Canyon.


 Ons het bietjie gaan wyd uitry. Ons sien vreeslik baie koedoes.



 Ons ry by Solitaire aan vir die lekker appeltert.
 

 Alweer oppak tyd, maar dis nou die laaste en ons is oppad huis toe, die weer is sommer goor en die wind is koud. Dit is dus baie lekker om op te pak en die pad te vat.
 Vanaf Grunau kry ons reen en ons ry in 'n storm vas wat skrik vir niks.
Ons slaap die nag in Springbok oor en die volgende dag is ons veilig tuis.